Inskrywing
Gereed om in te skryf?
Ons hoop dat ons jou tot dusver beïndruk het en sien uit daarna om binnekort van jou te hoor. As daar nog enige vrae is, is jy welkom om ons te kontak – ons help graag met enige inligting wat jy benodig
076 581 4727
Die proses
01
Besoek Ons Skool
Kom kuier gerus by Kleine Kosmossies en ervaar self ons liefdevolle en stimulerende leeromgewing. Hierdie besoek gee jou die kans om ons fasiliteite te sien, ons personeel te ontmoet en te bepaal of jou kleuter gelukkig en gemaklik hier sal wees.
02
Voltooi en Stuur die Vorm
Vul die inskrywingsvorm aanlyn in of stuur dit direk na die skool. Dit help ons om jou kind se besonderhede te verwerk en plek vir hulle te bevestig.
03
Gereed vir die Groot Dag!
Kom gesels met jou kind se juffrou en deel belangrike inligting oor jou kleuter se behoeftes, roetine en voorkeure. Dit help ons om ‘n gemaklike en ondersteunende begin vir jou kind te verseker.
04
Secure a spot
Die opwinding begin! Ons span sien uit daarna om jou kleuter met ope arms te verwelkom en hul leeravontuur by Kleine Kosmossies te begin.
Benodigde inskrywingsdokumente
Om elke kind die beste moontlike sorg en ondersteuning te bied, benodig ons spesifieke dokumentasie as deel van die inskrywingsproses. Hierdie dokumente help ons om jou kind se gesondheid, ontwikkeling en veiligheidsbehoeftes ten volle te verstaan en te verseker dat ons aan alle wetlike vereistes voldoen. Deur hierdie inligting te verskaf, help jy ons om ‘n veilige en gesonde omgewing vir alle kinders by Kleine Kosmossies te handhaaf.
- Geboortesertifikaart
- Bewys van Adress
- Mediesefons afskrif
- Afskrifde van ouers/voogde se ID dokumente
- Getekende finansiële kontrak